My hart se baie punte

Print

Screenshot 2021 12 30 101526

Ons moet kyk met oë wat nuut gebore is, skryf Pablo Neruda.

Dit is wat kinders doen. Hulle kyk vars en nuut – asof vir die eerste keer – na die wêreld rondom hulle. Daarom kan ons gerus luister na wat hulle sê en ons verlustig in hul ekstase oor klein dingetjies, of hul intense opregte hartseer oor slegte ervarings. Of net die eenvoud waarmee hulle na die lewe kyk.

Klein kinders leef in die oomblik. Daarom neem hulle suiwer waar. En hulle sit hulle gevoel in eenvoudige raakvat-woorde tussen ons neer. Onverdund. Eerlik.

In die klein kring van ʼn gesin of familie word ons blootgestel aan gewone situasies. Dié ruimte is die lewe in die kleine. Dit skep geleenthede wat ons help om lewensfiks te word.

Met My hart se baie punte probeer ek doodgewone momente in my lewe vasvang en verwoord. Ek put uit die bekende: uit my saamleef met my geliefdes, my kinders, kleinkinders en ander kosbare mense wat my pad kruis.

Al is elkeen se situasie uniek, glo ek dat dit wat ons ontroer universeel is. My hart se baie punte is vir almal wat soos kinders wil glo en leef.

NuweBMlogoSmall      takealot logo