U Woord is my Woning

U Woord is my woning is ‘n dagboek vir die Christenpelgrim op reis deur die onbekende jaar. Nes ander reise, beleef ‘n Christen op sy of haar pad oomblikke van verrukking, maar ook van teleurstelling. Daar is dae vol doelgerigtheid en entoesiasme. Van uitsien na wat môre mag bring. Dan is daar is dae wat uitsigloos voor jou strek. Dae waarin jy nie weet watter rigtingwyser om te kies wanneer die pad vurk nie. Daar is donkerte én lig. Hartseer én blydskap.
Die dagstukkies in U Woord is my woning staan stil by ál hierdie oomblikke op ‘n Christen se pad deur die lewe. Keer op keer kan ons by die Woord van God tot rus kom. Wanneer ons aardse tentflappies min beskerming bied, is God se Woord vir ons ‘n woning met vier mure wat ons beskut en beveilig. God se Woord is ‘n veilige vesting.
n Handvol Hoop

Beskikbaar vanaf November 2012 by alle CUM Boeke - Boekwinkels.
Prys: R99.95
In 2008 word hierdie rubrieke as boek uitgegee. Sy skryf tans die rubriek “My hart se punt” vir Lééf – met hart & siel. Lizette skryf ook toneelstukke vir skole, Bybelse musiekblyspele en lirieke vir kore, onder andere die Stellenbosch Libertaskoor en Noordwes-Universiteitskoor. Haar huwelik met George, ʼn bedryfsingenieur, is vir Lizette ʼn veilige hawe – en steeds ʼn avontuur.
Hierdie boek word uitgegee deur CUM Christelike Uitgewersmaatskappy.
Vir meer inligting en bestellings kliek op die logo hieronder.


My Hart Se Punt

Vir ’n ma is haar kroos haar ‘hart se punt’. Dit gee nie om of sy een of meer kinders het nie. Haar hart rek bloot groter om almal te kan insluit.
Deur kinders dop te hou, te luister na wat hulle sê en jouself oop te stel om by hulle te leer, word jyself verryk.
’n Kind kyk met helder oë. Hulle is onbevange eerlik. By ’n kind leer ons dikwels lesse in vergifnis, geduld en liefde. Hulle wys ons op die waarde van klein dingetjies. Hulle verras ons met hul spontane aangryp van elke dag. En beskaam ons met hulle opregte geloof.
’n Ma moet weer die entoesiastiese klein lewensontdekkertjie leer hoe om die minste te wees; hoe om te kan verloor; hoe om ’n goeie maatjie te wees. En hoe om God as Vader te leer ken en liefhê.
‘My hart se punt’ is klein grepies uit die alledaagse waarin ma’s hulself én hul kleingoed sal herken en weer inspirasie kry vir saamstap op die grootmaakpad.
Henri stap aan

Die skrywer verskaf nie kitsoplossings vir treurendes nie. Sy gee ook nie maklike wenke oor hoe ‘n mens iemand wat verlies ervaar, kan troos nie. Hoewel die gesin se eie belewing van verlies sentraal staan, het dit raakpunte met almal wat worstel met afskeid en heelword. ‘n Mens kan jou vereenselwig met baie vrae wat ‘n Christen vra in ‘n tyd van swaarkry.
HENRI STAP AAN is nie net die storie van Henri se lewe en dood nie. Dis die storie van ‘n gesin wat in die teenwoordigheid van baie liefde heel gebly het, ondanks hul stukkendheid. Dis ‘n verhaal van hoop vir elke gebrokene. Vir elkeen wat swaar dra aan verlies. En dis ‘n loflied aan die God van die Lewe wat sy kinders nooit alleen los nie.
ISBN 978-0-620-50054-8
Henri hikes home

On Saturday 4 June 2005 we received a phone call that changed our lives irrevocably, “Henri has been attacked by a shark.” I knew: Our middle child was dead…
‘Henri hikes home’ is not only the story of Henri’s life and death. It is the story of our family which remained whole in the presence of abundant love, despite our brokenness.
It is a story of hope for everyone who is heart-broken. For everyone with immense sorrow. For everyone who carries a heavy burden of loss. And it is a song of praise to the God of life who never forsakes His children.
ISBN 978-0-620-50055-5
E-book now available click here
Page 2 of 2