Meer oor die skrywer

Meer oor die skrywer

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

LMurray
Lizette is in Brandfort in die Vrystaat gebore, maar het haar grootwordjare in Stellenbosch en die Paarl deurgebring. Na haar studies op Stellenbosch gaan hou sy skool, onder andere by haar alma mater, die Hoër Meisieskool La Rochelle. Haar huwelik met George, ‘n bedryfsingenieur, is vir Lizette ‘n veilige hawe - en steeds ‘n avontuur.

 

Haar groot liefdes is woorde, musiek en kinders.

 

As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ‘n kind. Benewens haar vryskut-skryfwerk vir die vrouetydskrif, LÉÉF met hart & siel, skryf sy kort toneelstukkies vir skole en libretti vir kinderoperettes - onder andere Gelukland en sy Engelse weergawe Joyland- saam met die komponis Awie van Wyk. Uit haar pen verskyn ‘n aantal Bybelse musiekblyspele, Die Koms van die Koning, Kanaän toe! en Dawidsfees, asook en lirieke vir kore, bv. die Stellenbosch Libertaskoor en Noordwes- Universiteitskoor.

 

 

Sy is medeskrywer van die bekroonde kinderboek, Stippe Stappe Stories, saamgestel deur Elsabé Steenberg (1997). In 1999 gee Lux Verbi haar gebedeboek vir jong ma’s, Hoe sal ‘n mamma dan bid?, uit. ‘n Kinder-CD, Bibber Bobbejaantjie, word in 2005 deur Leserskring versprei. Sy en die illustreerder, Hantie Londt, span in 2011 saam om die avonture van Bibber Bobbejaantjie in strokiesprent-formaat uit te gee.

 

Na die dood van haar middelseun begin sy ‘n tydskrifrubriek
Henri stap aan
in LÉÉF. In 2008 word hierdie rubrieke onder dieselfde titel as boek uitgegee. Die tweede oplaag verskyn in Maart 2011.

 

Die Engelse weergawe van die boek, Henri hikes home word in 2011 gepubliseer.

Kontakbesonderhede:

E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Sel: 083 327 6989

Henri stap aan ISBN 978-0-620-50054-8
Henri hikes home ISBN 978-0-620-50055-5

Fotomuur

Foto's

random1.jpg

Copyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic

mooCow mooCow mooCow
mooCow